Naby het nog nooit so vêr gevoel nie!

Die stad se lawaai kan maklik geraas in my kop maak. Voor ek weet voel dit of die stresvolle Johannesburg aan my begin afsmeer. Ek is ‘n sensitiewe mens (so sensitief dat ek dit nie sommer self herken nie), my omgewing raak my op ‘n manier wat my hele gemoed beïnvloed. Die tuinroete wys maklik sy prag (daar waar my hart lê) maar Johannesburg se juwele kruip weg tussen hoë geboue en lang snelweë. Soms kort mens net ‘n wegbreek om kop skoon te maak.

 

Hierdie naweek verby was ek bederf met twee aande by die Glenburn Lodge in Muldersdrift en wie sou kon raai dat daar ‘n beeldskone stuk  natuur slegs 18km van Clearwater Mall in Roodepoort is.

 

Ek arriveer moeg teen 20h Vrydag by die lodge nadat ek ‘n gimnasium sessie by die Little Falls Virgin Active ingewerk het. Al is dit reeds lank na skemer kan ek die oop vlaktes van Muldersdrift met sy mooi koppies en grasvelde nog duidelik sien. Pas ingery by die hekke en daar is ‘n kennisgewing wat jou waarsku dat jy stadig moet ry omdat wild die pad van tyd tot tyd mag kruis. Dit is reeds genoeg om enige iemand opgewonde te maak. Stop by die ontvangs en word verwelkom deur ‘n vriendelike gesig agter die toonbank, iets wat soms voel of jy dit selde in Johannesburg teëkom. Ek kry my kamerkaart vir een van die Garden Suite waarin hulle my bespreek het en net so entjie se ry stop ek langs nr 30.

img_2567

Dit is teen die tyd donker en soos ek uit my voertuig klim klink dit of ek ‘n waterval iewers in die donker hoor. Verfrissend, dink ek by myself en my kop begin reeds planne maak vir die volgende oggend – draf, swem, fotos neem. Jy kan selfs ‘n fiets teen R40 huur en so bietjie deur die bos gaan trap, dit is veral hoog op my moet-doen lysie vir die naweek.

img_2568

Ek druk my kaart in die deur en word verras met ‘n luukse kamer getooi met ‘n Afrika gevoel. Ek is nie altyd ‘n aanhanger van hierdie dekor-styl nie, seker omdat elke tweede gastehuis dit onsuksesvol probeer met kussings en “throws” sommer by die naaste en goedkoopste kettingwinkel gekoop (ja, mens kan dit sien). Hierdie is mooi deurdink met bypassende kaste en muurpapier wat ‘n rant skep onder die hoë plafon.

Ek tap ‘n bad en is vroeg in die bed. Met ‘n movie op die tv en ‘n decaf nespresso skep dit net die regte atmosfeer vir ontspanning. Die WI-FI vang ongelukkig nie tot in my kamer op nie maar ek dink hulle het dit bewustelik so gedoen sodat ek my vensters kan oopmaak en die naggeluide kan inlaat sonder om te dink aan die wêreld wat aanlyn is. Slaaptyd in die vars spierwit queengrote bed met ferm kussings wat ek self sou uitkies.

Saterdag oggend word ek wakker met die gedreun van donderweer en toe ek my gordyne oopmaak is die hemelruim toegetrek met donkergrys wolke. Skielik voel ek teleurgesteld dat my planne nie sal kan verloop soos ek gehoop het nie. Ek drink ‘n vinnige koffie en maak myself reg vir ontbyt. Uitgerus is ek wel opgewonde om ietsie lekker te eet – dit laat ‘n man mos altyd beter voel.

 

Ontbyt is soos mens van enige goeie lodge sou verwag in buffet styl voorgesit. Die eerste wat my oog vang is die franse roosterbrood wat selde op ‘n buffet tafel tevinde is, behalwe as jy by Sun City in die hotel of paleis oorslaap. Daar kry jy mis tot sushi vir ontbyt. Ek moes vir my twee snye met crispy bacon en baie kaas skep. Die mense wat hier werk is so vriendelik, net soos met my aankoms en weier amper dat ek my eie koffie skink.

img_2532

 

Klaar gesmul aan my ontbyt kan ek nie help om ‘n bietjie jogurt en vrugte ook te eet nie. Dit help mos met vertering doen dit nie…
Die reën het so bietjie opgeklaar en ek besluit om te gaan stap en die plek te gaan verken. Wat ek vind is ‘n groen paradys omring met koppies nie eers te vêr nie. Die lodge het oral padjies en dammetjies met fonteine om die geboue. Verder is daar ‘n groter dam met bome wat traan oor bankies waar jy kan sit en net die natuur inneem.


Om elke hoek en draai is daar ‘n voetpad wat jou wegvoer so asof jy nie meer by ‘n lodge is nie, veral nie een so naby aan die samelewing nie. Ek hoor weer die waterval in die verte en besluit om my ore te volg. Ek loop deur mooi tuine, onderdeur ‘n geboude gazebo en deur lanings met bome mooi gesnoei aan beide kant wat my laat voel of ek soos Alice in ‘n wonderland is.


Ek vind ‘n rivier wat lei tot die gedreun van water wat stort oor ‘n groot wal, ‘n behoorlike waterval wat magtig vloei tot in die lopende rivier onder. As alles nie nat gereën was nie het ek ‘n mandjie gepak en heel dag hier langs die water gesit en ontspan. Niks kom by die reuk van water nie, behalwe vars gebak uit die oond (natuulik).

 


Oppad terug na my suite stap ek langs die rivier en word verras met verskeie aktiwiteit waarvan ek nie eers bewus was nie. Selfs ‘n buitelug klim muur en ‘n hang brug oor die rivier wat my laat dink hoe romanties hierdie vir paartjies kan wees.

 

Die res van die dag ontspan ek in my kamer voor die kassie. Heel dag reën dit en die son wys nie een keer sy gesig nie. Ek het dus ook soos die son gemaak en weggekruip, geslaap en lekker stres ontlaai. Ek voel nie eers skuldig nie want die kort oomblikke wat ek op Facebook gaan draai het sien ek die hele Gauteng maak ook so. Ek kyk ‘n great movie van Lance Armstrong op een van die gerieflike seleksie van koop-kanale en geniet hierdie bed so asof dit my eie is. Met nog ‘n lekker bad en John Mayer se musiek in die agtergrond maak ek reg vir bed en wonder of die son môre saam sal kuier.

img_2564

Sondag word ek wakker en dit reën steeds, nou nie wat ek gehoop het nie maar dankbaar vir die kos vir die aarde. Ontbyt is weer ‘n hoogtepunt en ek gaan pak my goedjies om hierdie mooi plek te groet.

 

‘n Laaste koffie in die kroeg area en ek voel reg vir die week wat voorlê. Voorwaar ‘n stunning plek om ‘n naweek deur te bring. Ek kan nie wag om weer so te maak wanneer die sin skyn nie. Daar is nog hopeloos te veel van hierdie plek wat ek graag sal wil ervaar.

glenburnlodge-20566-10647

Ek sal die Glenburn Lodge niks minder as 5 uit 5 vir ervaring gee nie. Ek kan steeds nie glo dat ek binne 20 minute weer by ‘n winkelsentrum kan wees nie.

 

Dankie Glenburn Lodge vir die lekker bederf. Ek sal ‘n wegbreek hierheen ten sterkte aanbeveel.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s